Ibn Arabi (Murcia , 28 Julie 1165 – Damaskus, 10 November 1240) was 'n Arabiese [1] Islamitiese teoloog uit Moorse-Spanje, en die grootste verteenwoordiger en teoretikus van Soefisme. Hy staan bekend as die "Grootste Sheikh" (al-Sheikh al-Akbar) van Soefisme.
Ibn al-Arabi het wyd gereis, sy reise en indrukke het gewoonlik 'n mistieke Soefi-inslag. Volgens sy verhale het hy Al-Khidr drie keer ontmoet.